DIE GESKIEDENIS VAN DIE DEPARTEMENTE GRIEKS EN LATYN AAN DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT.

Item request has been placed! ×
Item request cannot be made. ×
loading   Processing Request
  • Additional Information
    • Abstract:
      'n Era is verby, 'n era waartydens die twee antieke tale wat aan die basis van ons Westerse beskawing lê, wat van die eerste vakke was wat aan die Universiteit van die Vrystaat (destyds die Grey Universiteitskollege) aangebied is, nou op die agtergrond geskuif word. Die twee tale, Grieks en Latyn, het ontwikkel tot twee sterk departemente in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte (later Geesteswetenskappe), maar in die laaste dekade eers hul selfstandigheid verloor, en daarna verloor een van die twee, Latyn, sy bestaansreg aan die UV. In die hieropvolgende verslag word die geskiedenis van die Departemente Grieks en Latyn sedert hul ontstaan in 1904 nagevolg, en hul rol in die universiteit en die land uitgelig. [ABSTRACT FROM AUTHOR]